Automatiese sisteem is Buitewerking
Ons tegniese span werk aan die probleem.
Gebruik asb die kontak besonderhede onder aan bladsy.
WAT IS BEMIDDELING OF MEDIASIE?
Bemiddeling en Mediasie is dieselfde en is ook bekend as Alternatiewe Geskilbeslegting.(AGB) (“Alternative Dispute Resolution”)
Dis ‘n manier waarop partye in konflik of in dispuut probeer om gesamentlik ‘n oplossing vir hulle geskil te vind, sonder om Hof toe te gaan.
Kenmerke van bemiddeling / mediasie
- ‘n Hoogs aanpasbare proses
- Vrywillige deelname met toestemming van die partye
- Partye werk saam met ‘n neutrale, onafhanklike en onpartydige bemiddelaar wat as gespreksleier of fasiliteerder optree
- Alle gesprekke en mededelings is vertroulik (“van die rekord af”)
- Gesamentlike soeke na moontlike oplossings
- Alle onderhandelinge in goeder trou en sonder benadeling van regte
- Partye ten volle in beheer van die uitkoms
- Onderhandelde skikking – op skrif en onderteken deur die partye
- Baie goedkoper as litigasie
- Vinniger afhandeling
WATTER TIPE GESKILLE KAN BEMIDDEL WORD?
Enige geskil kan bemiddel word, maar bemiddeling of mediasie word byna uitsluitlik in sivielregtelike geskille gebruik.
HOE WERK DIT?
- Bemiddeling berus op vrywillige deelname deur die partye.
- Dit vereis dat beide partye toestem tot bemiddeling.
- Partye kom skriftelik ooreen op die bemiddelingsproses:
- Samewerking in goeder trou:
- Met die Bemiddelaar / Mediator
- Met mekaar
- Algehele vertroulikheid (“van die rekord af”)
- Sonder benadeling van regte
- Op die ooreengekome datum kom Partye en Bemiddelaar bymekaar (fisies of virtueel) en bemiddeling (mediasie) vind plaas
- Bemiddeling (mediasie) eindig met skikkingsooreenkoms of dooiepunt (geen skikking moontlik)
KAN DIT VIR MY WERK?
Die oorgrote meederheid geskille kan suksesvol deur bemiddeling opgelos word.
- Sukses is afhanklik van die ingesteldheid van die partye.
- Die gesamentlike soeke na ‘n oplossing in goeder trou, en sonder benadeling van regte, maak die kanse op ‘n wedersyds aanvaarbare oplossing baie goed.
Die proses fokus op moontlike oplossings wat beide partye se belange in ag neem
- op ‘n wedersyds aanvaarbare;
- en ‘n regverdige en gebalanseerde manier;
- en wat op ‘n “wen / wen” situasie uitloop.
HOE MAAK EK?
STAP 1 – Toestemming tot bemiddeling (mediasie)
- Beide partye moet toestem tot bemiddeling / mediasie
- Indien dit nog nie gebeur het nie, rig ‘n uitnodiging aan die ander party, as volg:
- Vul die “Uitnodiging” vorm hieronder in en klik “STUUR”
- ‘n Outomaties geskepte e-pos sal aan die ander party gestuur word.
- Hierdie e-pos is ‘n private kommunikasie tussen jou en die ander party en is glad nie toeganklik of sigbaar vir KBM of enige ander onbetrokke derde partye nie.
- Die e-pos boodskap sal die ander party ook verwys na www.krielmediasie.co.za sodat hy/sy self kan vasstel wat die proses behels.
- Die ander party se antwoord sal deur ‘n outomaties geskepte e-pos aan jou gestuur word.
- Die volledige toestemmingsproses word hier beskryf – Klik Hier
- Indien die ander party toestem tot bemiddeling, sal die bevestiging ook deur ‘n outomaties geskepte e-pos aan jou, en aan KBM gestuur word.
- Indien die ander party nie antwoord op jou uitnodiging nie, of indien die ander party NIE wil toestem tot bemiddeling NIE, sal daar na 7 dae ‘n outomaties geskepte opvolg-e-pos gestuur word.
- Indien die opvolg-e-pos steeds onbeantwoord bly, of die ander party steeds NIE toestem NIE, sal daar na 7 dae ‘n derde en laaste outomaties geskepte e-pos gestuur word wat bevestig dat die ander party nie bereikbaar is nie, of NIE toestem tot bemiddeling NIE.
- Laasgenoemde e-pos sal die ander party ook in kennis dat ‘n mislukte poging tot bemiddeling gesertifiseer sal word.
- Hierdie laaste e-pos sal ook aan KBM gestuur word waarop ‘n mislukte poging tot bemiddeling deur KBM gesertifiseer, en aan jou gestuur word
- By ontvangs van bevestiging dat die partye toegestem het tot bemiddeling, registreer KBM die partye, en stuur ‘n bevestigende e-pos na elk van die partye tesame met ‘n inligtingsinsetvorm wat deur elk van die partye voltooi moet word.
STAP 2 – Partye verskaf inligting (Vertroulik en Sonder Benadeling van Regte)
- Elke party voltooi die inligtingsinsetvorm.
(Alle inligting op hierdie vorm bly vertroulik en sal nie bekend gemaak word nie, tensy daar uitdruklik toestemming daartoe verleen is)
- By ontvangs van voltooide vorms sal KBM ‘n pro-forma Bemiddelingskontrak opstel en aan die partye stuur vir oorweging en kennisname.
STAP 3 – Bemiddelaar (mediator) voer eerste onderhoud met partye
- Bemiddelaar (Mediator) maak binne 7 dae telefonies (of virtueel) kontak met elk van die partye en voer ‘n gestruktureerde onderhoud om:
- die proses te verduidelik;
- die aard en omvang van die geskilpunte te bevestig;
- vrae te beantwoord en enige onduidelikhede op te klaar;
- ondertekening van die Bemiddelingskontrak te bevestig;
- praktiese reëlings te tref.
- Meer inligting oor die eerste onderhoud kan hier gesien word- Klik Hier
STAP 4 – Bevestiging van Datum van Bemiddeling (Mediasie)
- Partye bevestig Datum van Bemiddeling deur betaling (per Bemiddelingsooreenkoms) van kosteberamingsbedrag in ‘n betalingsborg (Standard Bank – ESCROW) rekening (Rekeningnommer sal deur KBM verskaf word)
- Bemiddelaar (Mediator) kontak partye en bevestig hulle gereedheid.
- (Meer besonderhede oor Standard Bank Escrow kan op die Standard Bank webwerf gevind word)
STAP 5 – Die Bemiddelingsproses
- Op Datum van Bemiddeling kom partye soos gereël byeen (fisies of virtueel) en begin die bemiddeling (mediasie);
- Partye gee goedkeuring vir uitbetaling van ESCROW fondse;
- Partye neem soos ooreengekom deel aan die proses onder toesig en beheer van die Bemiddelaar (Mediator);
- Proses word voltooi deur skikking (ondertekening van ‘n skriftelike ooreenkoms) of verklaring van ‘n dooiepunt (“deadlock”);
- By afhandeling van die bemiddeling, ongeag die uitkoms, word alle aantekeninge en notas deur die Bemiddelaar en die partye gemaak tydens die proses versnipper en alle elektroniese kopieë uitgewis soos in die Bemiddelingskontrak ooreengekom.
WAT IS DIE VOORDELE VAN BEMIDDELING / MEDIASIE IN VERGELYKING MET LITIGASIE OF ARBITRASIE?
Die voordele aan bemiddeling / mediasie kan as volg opgesom word:
- Partye beheer self die uitkoms – onsekerheid oor die bevinding van die onafhanklike regter / arbiter, word uitgesluit.
- ‘n Skikking van die geskil op ‘n vroeër stadium mag finansieel en/of operasioneel voordele inhou – vertragings as gevolg van hofprosesse word vermy
- Party beheer beteken ook direkte beheer oor kostes – met litigasie / arbitrasie is kostes grootliks buite die beheer van die partye.
- By bemiddeling is die fokus op die beste belange van die partye – by litigasie / arbitrasie is die fokus op die afdwing van regte, dikwels ten koste van belange.
WAT GAAN DIT KOS?
- Bemiddeling is daarop gemik om vir partye ‘n kostedoeltreffende oplossing vir hulle geskille te bied.
- Partye kan ‘n beduidende mate van beheer oor kostes uitoefen deur hulle belange op te weeg teenoor hulle beginsels / regte;
- In die vasstelling van die kostes van bemiddeling word dit bereken op die basis van tyd bestee en uitbetalings gemaak;
- Die kosteberaming aan partye verskaf is ‘n vooruitskatting van koste en is bedoel om te dien as redelike akkurate riglyn gegewe die beskikbare inligting op die tydstip wat dit verskaf is.
HOE DIE SISTEEM WERK
Vul die aanlynvorm in
Die sisteem sal dan 'n uitnodiging tot mediasie stuur aan jou teenparty, en jy as afsender sal bewys ontvang hiervan.
Die ontvanger (teenparty) kan dan die uitnodiging aanvaar of bedank.
Indien dit aanvaar word sal die afsender 'n e-pos ontvang, en beide partye sal gekontak word deur KBM.
Indien die ontvanger die uitnodiging bedank, sal die uitnodiging opgevolg word, en as die uitnodiging steeds nie aanvaar word nie, sal beide partye in kennis gestel word dat hierdie poging misluk het.
KONTAK ONS
Tel: +27 71 254 5526
e-pos : info@krielmediasie.co.za