Bemiddelaar (mediator) voer eerste onderhoud met partye
In die Bemiddelaar / Mediator se gestruktureerde onderhoude met die Partye word die volgende spesifiek behandel:
- Die konsepte van vertroulikheid en “sonder benadeling van regte”;
- Verduideliking van die bemiddelingsproses en die vereiste van goeie trou;
- Die agtergrond tot die geskil en verwikkelinge tot dusvêr;
- Die Bemiddelingsooreenkoms en die wesenlike bepalings daarvan;
- Riglyne vir voorbereiding deur die partye in aanloop tot bemiddeling, asook ten opsigte van die bemiddeling self;
- Praktiese reëlings –
- moontlike uitruil van dokumente;
- wie die deelnemers gaan wees, bevestiging van mandate, ens;
- voorlopige datum, tyd en plek van bemiddeling;
- verwagte tydsduur van die proses;
- Die opklaar van enige onduidelikhede.
Na die ondertekening van die Bemiddelingsooreenkoms deur al die partye (insluitende die Bemiddelaar) word ‘n kosteberaming deur KBM aan die partye uitgereik.