| Bemiddeling/Mediasie | Litigasie/Arbitrasie |
| 1. | Vrywillige deelname aan die proses | Verpligte deelname as regte beskerm wil/moet word |
| 2. | Gestruktureerde proses maar aanpasbaar en informeel | Streng formele en voorgeskrewe proses waar nie-nakoming beduidende nadeel mag inhou |
| 3. | Vertroulikheid behoue – beide ten opsigte van die proses en mededelings aan die Bemiddelaar | Hofstukke is publieke dokumente en vertroulikheid van inligting word slegs op bevel van die Hof bewaar |
| 4. | Onderhandelinge sonder benadeling van regte – inligting vloei dus makliker tussen die partye | Partye is gebonde aan die bewerings vervat in die prosesstukke waarin, ter wille van taktiek, net die nodigste inligting gedeel word |
| 5. | Bemiddelaar as onafhanlike en onpartydige fasiliteerder – tree in gesprek met die partye en neem aktief deel aan die soeke na opsies wat oplossings kan bied | Regter/Arbiter as onafhanklike en onpartydige ‘skeidsregter’ wat slegs beide kante se getuienis aanhoor – nie inkwisatories of betrokke by inwin van inligting nie |
| 6. | Bemiddelaar beheer slegs proses – maak geen beslissings, gee geen advies en lug geen opinie nie | Regter/Arbiter sien toe dat voorgeskrewe prosedures gevolg word en maak beslissings, ooreenkomstig die Reg, oor toelaatbaarheid van inligting en die geloofwaardigheid daarvan. |
| 7. | Party-soewereiniteit oor uitkoms – die partye bly deurgaans ten volle in beheer van die oplossing vir hulle geskil | Partye stel hulle sake en lê die getuienis aan die Regter//Arbiter voor vir oorweging, wat dan ‘n beslissing daaroor maak – partye nie betrokke by besluitnemingsproses nie |
| 8. | Verhoudinge makliker behoue – fokus van die partye is op die uitkoms wat hulle belange die beste dien – “wen/wen” | Proses is gerig op die afdwing van regte van die partye – dus konfronterend van aard met ‘n bykans onvermydelike “wen/verloor” uitkoms |
| 9. | Kan kostes beter bestuur omdat partye die uitkoms beheer – die waarde van die uitkoms kan dus opgeweeg word teen die kostes om daarby uit te kom | Voorgeskrewe (verpligte) prosesregtelike stappe maak die aangaan van kostes onvermydelik, en die omvang daarvan vooraf onbepaalbaar. (Die partye is dus vasgevang op ‘n trein waarvan die bestemming onseker is en waarvan die koste van die kaartjie eers na aankoms by die bestemming bepaal word) |
| 10. | Moontlik spoedige oplossing – vanweë die aard van die proses en die beheer van partye oor die uitkoms, kan geskille binne relatief kort tydperke bygelê word | Voorgeskrewe prosedures en tydperke, aanwending van (vertragings-) taktiek en die feit dat hofrolle gewoonlik maande vooruit reeds vol is, bring noodwendig mee dat die beregting van geskille in die howe tydrowend is |
| 11. | Onderhandelde skikking op skrif | Onsekerheid oor uitkoms asook wanneer uitspraak gegee word – moontlikheid van appèl/hersiening – en uiteindelik onsekerheid oor afdwing van vonnis |
| 12. | Kan op enige stadium onderneem word – selfs tydens hofsaak mits dit voor uitspraak is. | Partye word ‘n verhoordatum toegeken – indien daar vir enige rede ‘n uitstel is, moet van voor af aansoek vir ‘n nuwe verhoordatum gedoen word – dus verdere vertraging |
| | |