WIE IS ONS?
Kriel Bemiddeling – Mediation (KBM) word gelei deur Herman Kriel, ‘n advokaat met 25 jaar se ervaring in die voer van hofsake (litigasie), waarvan die oorgrote meerderheid in die Hooggeregshof plaasgevind het.
Sy professionele ervaringsveld sluit die volgende regsgebiede in:
Persoonlike beserings
Mediese nalatigheid
Aanstelling deur die Hof as curator-ad-litem waar mense nie in staat is om na hulle eie sake om te sien nie
Kommersiële en kontraktuele eise
Sy LLB-graad wat hy aan die eertydse Randse Afrikaanse Universiteit behaal het (1996), is voorafgegaan deur opleiding as mediese wetenskaplike waar hy die grade B.Med.Sci (1982) en M.Sc. (Fisiologie)(1987) verwerf aan die Universiteit van Pretoria.
Voor sy toetrede tot die regsprofessie in 1996, was Herman betrokke by verskeie navorsingsinstansies wat werksaam was in die veld van bedryfshigiëne (menslike faktore in die werksplek) en menslike prestasietoetsing.
Hy ag homself geseënd om reeds sedert 1983 met sy vrou getroud te wees. Hulle het twee dogters en skoonseun. As gebore plaaskind lê die landbou hom na aan die hart en is hy ‘n entoesiatiese mede-eienaar van ‘n trop kommersiële Bonsmara beeste.
Herman is beide plaaslik en internasionaal geakkrediteer as Bemiddelaar (Mediator).
Akkreditasies

