HOE WERK DIT?
Rol van die Partye | Rol van die Bemiddelaar / Mediator |
| Kom skriftelik ooreen om te bemiddel | Onafhanklik, onpartydig en dien slegs as fasiliteerder tussen die partye. Maak geen bevindinge / beslissings nie. Gee geen advies nie. Lug geen opinies nie |
| Kom ooreen om Kriel Bemiddeling – Mediation (KBM) aan te stel | Beheer slegs die proses deur gesamentlike en afsonderlike vergaderings met die partye |
| Sluit skriftelike Bemiddelingskontrak (deur KBM verskaf) met aangewese Bemiddelaar as mede-ondertekenaar | Handhaaf streng vertroulikheid oor mededelings aan hom/haar gemaak en benadruk by die partye dat die proses sonder benadeling van hulle regte is |
| Beheer die aard en inhoud van mededelings en onderhandelinge tussen hulle | Fasiliteer gesprekvoering in die soeke na soveel moontlike oplossings en alternatiewe opsies |
| Beheer die aard en omvang van enige skikking tussen hulle | Fasiliteer onderhandelinge oor moontlike oplossings tussen die partye |
| Beheer dus die sukses of mislukking van die proses | Sluit die proses af deur sukses of mislukking te sertifiseer. |