Toestemming tot bemiddeling (mediasie)
- Indien die ander party toestem tot bemiddeling, sal die bevestiging ook deur ‘n outomaties geskepte e-pos aan jou, en aan KBM gestuur word.
- Indien die ander party nie antwoord op jou uitnodiging nie, of indien die ander party NIE wil toestem tot bemiddeling NIE, sal daar na 7 dae ‘n outomaties geskepte opvolg-e-pos gestuur word.
- Indien die opvolg-e-pos steeds onbeantwoord bly, of die ander party steeds NIE toestem NIE, sal daar na 7 dae ‘n derde en laaste outomaties geskepte e-pos gestuur word wat bevestig dat die ander party nie bereikbaar is nie, of NIE toestem tot bemiddeling NIE.
- Laasgenoemde e-pos sal die ander party ook in kennis dat ‘n mislukte poging tot bemiddeling gesertifiseer sal word.
- Hierdie laaste e-pos sal ook aan KBM gestuur word waarop ‘n mislukte poging tot bemiddeling deur KBM gesertifiseer, en aan jou gestuur word.