Bemiddelaar (mediator) voer eerste onderhoud met partye

In die Bemiddelaar / Mediator se gestruktureerde onderhoude met die Partye word die volgende spesifiek behandel:

  • Die konsepte van vertroulikheid en “sonder benadeling van regte”;
  • Verduideliking van die bemiddelingsproses en die vereiste van goeie trou;
  • Die agtergrond tot die geskil en verwikkelinge tot dusvêr;
  • Die Bemiddelingsooreenkoms en die wesenlike bepalings daarvan;
  • Riglyne vir voorbereiding deur die partye in aanloop tot bemiddeling, asook ten opsigte van die bemiddeling self;
  • Praktiese reëlings –
    • moontlike uitruil van dokumente;
    • wie die deelnemers gaan wees, bevestiging van mandate, ens;
    • voorlopige datum, tyd en plek van bemiddeling;
    • verwagte tydsduur van die proses;
  • Die opklaar van enige onduidelikhede.

Na die ondertekening van die Bemiddelingsooreenkoms deur al die partye (insluitende die Bemiddelaar) word ‘n kosteberaming deur KBM aan die partye uitgereik.